Haar oë blink soos sterretjies,
Haar hart is vol van lag.
Sy hardloop sonder dat sy gejaag word,
Haar egtheid dra sy met prag.
Die mense verwonder haar,
Haar spirit is free.
Hoe kry sy dit dan reg?
Hoe is sy dan so sag?
Sy smile, want sy het ’n diepe geheim.
Sy het die donker klaar oorwin.
Die stryd was moeilik en onvoorspelbaar,
maar haar Skepper was al die pad daar.
In die nag het sy belowe,
dat slegs dankbaarheid oor haar lippe sal kom.
Nooit weer sal sy die lig as vanselfsprekend aanvaar.
Haar Vader het haar permissie gegee om te skyn,
en haar die opdrag gegee om ander uit die donker te haal.
Hyt saggies vir haar die geheim gefluister;
“My kind, daar is genoeg lig vir almal om te shine.”
“Hoe help ek dan mense die lig voel?”
vra sy saggies,
’n gedagte wat sy opstuur aan die hemelruim.
“My kind, wees eg.”
Kom die antwoord in die wind.
“Dis jou outentiekheid waarvoor ek jou geskep het”
Uniek, anders en jy.
“My kind, wees net eg.”
