Kom sluit aan by ons in die Spruit…
Waar ons van voor af herdefinieer wat dit beteken om ten volle mens te wees, ten volle te lewe –
om ons passies met oorgawe na te streef.
Om die geraas van materialistiese sukses tot swye te bring en die rustige stilte van Afrika te verwelkom…

Nuutste stories

EGTHEID

E

Haar oë blink soos sterretjies,Haar hart is vol van lag.Sy hardloop sonder dat sy gejaag word,Haar egtheid dra sy met prag. Die mense verwonder haar,Haar spirit is free.Hoe kry sy dit dan reg?Hoe is sy dan so sag? Sy smile, want sy het ’n diepe geheim.Sy het die donker klaar oorwin.Die stryd was moeilik en onvoorspelbaar,maar haar Skepper was al die pad daar. In die nag het sy belowe,dat slegs...

SELFS IN DIE BOS VERGEET JY

S

Elke oggend word ek wakker met ’n ys-koue koppie koffie wat wag op my bedkassie. Indiana staan saam die bospatryse op. Sy kop-vergaderings begin al vroeg. Ek is nie ’n morning person nie. Liefie aanvaar dit en maak elke oggend sonder uitsondering vir my half-ses ’n koppie koffie. Hy weet goed ek gaan eers na sewe verward wakker skrik, maar staan altyd gereed om my koue koppie te gaan microwave...

Wat die voëls my kom leer het

W

Die vyftiende Februarie kondig homself aan sonder dat ons werklik daarvan kennis neem. Ons een-jaar merk in die bos. Om alles op te som wat die laaste jaar hier afgespeel het gaan lank vat – dis ’n proses wat beide ek en Rudi nog ietwat mee sukkel. Ons vat ons tyd om al die ervarings in die regte files te liasseer in ons kop. Van die experiences wil ons diep gaan wegbêre. Soos gevaarlike klein...

Ken jy die Civet?

K

Nog ‘n laat aand vir liefie by die werk en ek bevind myself na sononder alleen in die bos. Daar is regtig nie meer ‘n bang haar oor op my kop nie. Ekt die bos al goed leer ken. Rudi het al so baie rympies in my keel af gewurg, ek twyfel of ek dit ooit sal vergeet. My eie Indiana Jones. Met spinnekoppe; “if it’s flat, don’t clap – if it has a sack, give it a whack”. Slange en bos likkewane is...

Die Bos in

D

Die dag hardloop soos enige ander hier in die bos. Die eensaamheid vang jou, maar die natuur lewe sorg vir eindelose vermaak. Die angs en gedruk van die stadslewe nêrens te vinde. Dit was nie ’n maklike besluit om sak-en-pak die stad te groet en met een klein vrag – ons drolkewer elke gaatjie toegepak – die pad aan te durf bos toe nie.  My enigste oorweging om al my vriende, familie...

Chats bou by die salon

C

Die haarsalon is nog altyd gelabel as die nommer een radio stasie vir die dorp se skinder nuus. Net so in die laeveld, as jy wil weet wat gaan aan in Hoedspruit – gaan salon toe. Na twee jaar van geen punte sny en lyk soos Nina van die bos, besluit ek op ’n snot warm Woensdag oggend om die lanie salon op die dorp ’n kans te gee. Ek word vriendelik gegroet by die deur en gevra om te wag –...

Sigrets in ons Drolkewer

S

Soos regte bobbejane hang ons by die ruite uit. Blaas by die oop vensters die rook walms sodat dit nie die kar op stink. Nes plaasboere is die kep op en almal word vriendelik in die verby ry gegroet. Dan kom die laaste trek en die doodmaak is nou ‘n probleem. Ons gee om vir die environment, geen sigrets mag geskiet word nie. Die borde sê ry ‘30km/h’, because why? ‘We C.A.R.E’. Ons verstaan...

Elné Potgieter

Meer oor die skrywer

Elné is 'n rebel en avonturier uit die Vrystaat. Haar swerflus en verskeidenheid stokperdjies het haar al regoor die wêreld geneem. Met 'n agtergrond in joernalistiek en strategiese kommunikasie, rig sy haar aandag op betekenisvolle Suid-Afrikaanse projekte. Sy is nou besig om haar nuutste avontuur aan te pak, waar sy met pen en papier mense aan die dink sit.